As jy lekker wil eet in Jeffreysbaai is daar sommer ’n legio opsies om uit te kies. Dit is soms moeilik om te besluit waar jy jou geld wil gaan spandeer want daar is soveel lekker plekke. Die bekende name is natuurlik ook hier soos Spur, Ocean Basket en John Doreys. Ek is veral mal oor die Ocean Basket se Sushi.
Die eintlike regte restaurante wat wag om ontdek te word is plekke soos:
Three Fat Fish
Ons het al die heerlikste Pizzas hier verorber. Three Fat Fish maak ’n Pizza wat jou tone sal laat omkrul. Veral die gesondheids bewuste sal beindruk wees met die vars, organiese styl wat aangebied word. En die ding lê die hele bord vol. Voorwaar waarde vir jou geld.
Kliek hier vir Three Fat Fish Webwerf
Café Kima
Daarword gefluister dat die beste Lasagne in Jeffreys hier verkrygbaar is. Café Kima is ’n seefront café en cocktail bar. (Verskoon die engels maar cocktail klink net lekkerder as mengeldrankie)
The Greek
Die meditireense atmosfeer is wonderlik hier. Sit op die stoep in ’n kuier straat atmosfeer terwyl jy smul aan heerlike Griekse disse
Kliek hier vir The Greek Webwerf
The Mexican
Ek is veral mal oor hul Mexican fillet. ’n Belewenis wat jou smaak bekertjies laat oorloop van die lekkerkry.
Kliek net hier vir Die Mexican se webwerf
Ninas
Ek is een van daai ouens wat nogal van verskeidenheid hou. Hier kan jy nou kies en keur vanuit ’n lywige spyskaart. Ek hou van hul Thai groen Kerrie. My vrou sê hul wortelkoek is die beste wat sy nog ooit geeet het.
Kliek hier as jy meer wil weet oor Ninas
Tapas
Hier kry mens ‘n bord kos wat ongetwyfeld versadig maak. As jy wil eet sodat jou oe toetrek as gevolg van ’n styfgetrekte maagvel, is Tappas net die regte plek. Bestel ’n bord Calamari en ek wed jou die deursnee outjie gaan hom nie met gemak kan klaarmaak nie. Gaan ook sonder skoene want jy sit op die strand in die sand, lekker.
Follow Us!