«

»

Apr 08

Jeffreysbaai vir die gesin

Fishing in Jeffreys Bay

fishing Jbay

Sake in Jeffreysbaai

Jeffreysbaai is ‘n kusdorp ongeveer 80 km vanaf Port Elizabeth. Die laaste vyf jaar is gekenmerk deur ontwikkeling en invloei van mense. Nuwe ontwikkelinge het opgeskiet asof dit die laaste geleentheid was om ooit te ontwikkel en dalk was dit… Die skielike resessie wat oor die wereld gekom het soos ’n dief in die nag het vele eiendomme leeg gelaat. Oop winkels, lee huur huise en onverhuurde werkswinkels is nie ’n onbekende gesig hier nie.
Play More Golf

Oor die algemeen blyk asof sakemanne heel suksesvol sake doen in Jeffreysbaai. Alhoewel die dorpie afhanklik is van toerisme vir die invloei van geld, lyk dit asof inwoners besighede goed ondersteun deur die stil tye van die jaar. Entlik is daar voortdurend ‘n “buzz” in die dorp.

Jong gesinne

Jong gesinne het die laaste paar jaar ingestroom. Die kwaliteit lewe aan die kus is veral ’n aantrekkingskrag. Al hoe meer sien mens dat gesinne aan kusdorpe kom woon om die stede se verkeer, misdaad en gejaag te ontsnap. Sommiges sal selfs ‘n baie hoer inkomste in die stad verruil vir ’n laer inkomste aan die kus ter wille van ‘n hoer kwaliteit lewe saam met hul gesinne. Sommiges moet ongelukkig na ’n paar jaar weer terug stad toe want dit is bloot te moeilik om finansieel te oorleef.

Woon in Jeffreysbaai

Dit is ’n voorreg om in Jeffreysbaai te kan woon. Hier is alles. Dit is nie eers meer nodig om Port Elizabeth toe te ry vir inkopies nie. Ons het ’n  besige winkelkompleks “Fountains Mall” waar jy alles van klere tot krale kan koop. Ons het ’n hoofstraat met interressante winkeltjies waarin jy kan krap en ontdek. Ons het al die mondwater wegneemete plekke waaraan jy kan dink om jou “cravings” te bevredig.

Die gemeenskap is lekker. Mense is vriendelik en gasvry en jy gaan nie sommer dorp toe sonder om iewers vas te haak in ’n gesprek met iemand nie. Kerke is volop sodat jy kan kies en keur waar jy tuis voel om te aanbid. Daar is ook ’n goeie verhouding tussen verskillende denominasies en ’n algemene welwillendheid onder die mense.

Ek skilder nou ’n baie aantreklike prentjie maar hier is ook ongelukkig ook  swakhede. Jeffreysbaai sukkel ook met die probleem van kinders op die strate, dwelm misbruik en misdaad.

Jbay Beach

Ontspanning

Een van die aantrekkingskragte van Jeffreysbaai is die gratis ontspanning. Jy kan afstap strand toe saam met jou gesin en ure se gratis ontspanning geniet sonder om onveilig te voel. Elke middag na werk sien mens gesinne wat swem, speel, visvang of sommer net stap op die strand. Hier vind jy nog geleenthede om by vreemdes en bekendes vas te haak in gesprek.

Dan is daar natuurlik die branders. Jy kan wonderlike branders hier kom plank. Brander ry of “surfing” is baie gewild hier. Surfers kom van heinde en verre om Jeffreys se branders te kom plank.

Visvang in Jeffreys

Vissermanne vang gereeld Kabeljou, Elf en Leervisse. Daar is oral visvang gate waar mens heel vrugtevol kan visvang. Die pier by Astonbaai wat ons “pensioners pier” gedoop het, is ’n gewilde staanplek waar veral Elf lekker kan loop. Kabeljous is die ander gewilde plek waar haaie en kabeljoue gereeld getrek word. Sandhaaie kan nogal ’n bron van frustrasie raak.

In die middae na werk of vroeg oggend vat ek my seuns en gaan vang ons vis. Dit is waardevolle tye waarin ons by mekaar leer en met mekaar kommunikeer.

Of jy nou hier woon, werk of vakansie hou, Jeffreysbaai is ’n aantreklike kusdorp wat vele moontlikhede bied aan die wat wil ontdek.

Did you like this? Share it: